Louis Pasteur

Louis Pasteur
Gebore 27 Desember 1822
Dole, Frankryk
Oorlede 28 September 1895 (op 72)
Villeneuve-L'Etang naby Parys
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Chemie, Mikrobiologie
Instelling(s) Universiteit van Straatsburg
Lille Universiteit van Wetenskap en Tegnologie
École Normale Supérieure
Pasteur Institute
Alma mater École Normale Supérieure
Doktorale student(e) Charles Friedel
Toekennings Rumford-medalje (1856, 1892)
Copley-medalje (1874)
Albert-medalje (1882)
Leeuwenhoek-medalje (1895)
Handtekening

Die Franse skeikundige Louis Pasteur (* 27 Desember 1822 in Dole in die département Jura; † 28 September 1895 in Villeneuve-L'Etang naby Parys) is een van die leidende wetenskaplikes van die 19de eeu, 'n pionier op die gebied van die mikrobiologie en 'n Kreasionis. Met die sogenaamde racematsplitsing van 'n sout van die parawynsteensuur lê Louis Pasteur die grondslag vir die stereochemie.

Pasteur ontwikkel entstowwe teen die pluimveecholera, miltvuur (1881) en hondsdolheid (1885). Pasteurisasie, die kort verhitting van voedsel om kieme te bestry, is 'n metode wat hy as eerste navorser ondersoek.

In 1857 doen Pasteur as dekaan en professor van die departement chemie van die Universiteit van Lille navorsing oor die besonderhede van die fermentasieproses. Hy ontdek die melksuurbakterie, wat die fermentasie van melk tot kaas bevorder, en bewys uiteindelik dat fermentasie nie 'n uitsluitend chemiese entiteit is nie, soos destyds in die wetenskapswêreld beweer word, maar eerder 'n proses wat van die lewende sel afhanklik is. Fermentasie is feitlik 'n chemiese proses, wat in lewende organismes verloop.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search